17 November 2010

plaashuis (1845) naby ventersdorp, suid-afrika - foto met groot dank van hier

my hartbeeshuis
daar's 'n lief ou hartbeeshuisie op 'n plaas so wyd en vry,
nou verbind met soet herinn'rings, dis die liefste plek vir my;
heerlik geur die lentebloeisels, perske, peer en appelkoos,
en daar binne in die huisie bly 'n afrikaanse roos.
o my lief ou hartbeeshuisie met jou kraal en moerbeiboom,
ek verlang na jou gedurig, o, ek sien jou in my droom.
as die oorlogswolke oor is en die lug daarbo weer blou,
kom ek weer, my hartbeeshuisie, na my liefste, en na jou.

woorde tradisioneel